Daar word gereeld aan slaglamkompetisies deelgeneem om die karkasse se
kwaliteit te kan bepaal. Ons ramme wat uit die stoet geteel word, word met
die kommersiële ooi gepaar en dit is hulle lammers wat vir die
slaglamkompetisies ingeskryf word. Dan wys dit vir ons watter impak het die
stoetery op ons hele boerdery. Dit is vir ons baie belangrik om 'n hoe
kwaliteit slaglam te produseer op 'n jong ouederdom.
Hierdie lam is as die kampioenenkellam aangewys tydens die slaglamkompetisie
wat gehou was in Februarie 2008
Produksieveiling van 50 ramme en 30 ooie te Kimberley Veilingskrale op Donderdag
27 Augustus 2009 om 10:00vm.
Ramme en ooie
sal weer van hoogstaande gehalte wees soos by die vorige veiling. Hartlike dank
aan al die kopers wat my in 2008 ondersteun het.
Alle ramme was op 'n veldtoetsfase 'n minimum van 150 dae. Hulle was
elke maand geweeg deur 'n GWK agent. Al die inligting is na die
Landbou Navorsingsinstituut te Middelburg(KP) gestuur . Vir elke dier
is daar 'n 'n gram/dag gegroei sowel as 'n Seleksie Indeks uitgewerk.
Die Seleksie Indeks van elke ram gaan beskikbaar wees op die dag van die
veiling en gaan so verkoop ook word. Die gram/dag gegroei gaan ook
beskikbaar wees. Van die ouer ramme is na die toetsfase gebruik tussen van
die kommersiele ooie. Alle ramme sal of 2Tand of nog 'n lam wees
tydens die veiling.
Alle ramme is reeds getoets vir Brucella Ovis en sal met die dag van die
veiling ook getoets wees vir vrugbaarheid. Alle ramme word elke jaar vir
Brucella Ovis getoets en nog nooit is enige dier in die verlede positief
getoets vir die siekte nie. Vir meer inligting aangaande die ramme se
gesondheid in die verband kan u ons plaaslike veeinspekteur, Nadia Swanepoel,
skakel by 053-6312592.
Alle ramme sal afgerond wees vir die veiling, hulle sal in 'n goeie kondisie
wees, maar nie oorvoer nie.
Indien u enige navrae het oor die ramme met hulle indekse voor die veiling,
is u meer as welkom om my te kontak of vir besigtiging van die diere op die
plaas.
Alle ooie wat aangebied gaan word gaan jong diere wees. Die meeste van
hulle sal of dragtig geskandeer wees of het by 'n ram geloop.
Hier volg 'n paar foto's van die ramme wat aangebied gaan word.

Ram no.080034. Hy was klaar op die veldtoetsfase en het 'n Seleksie Indeks van 124. Is op hierdie stadium nog 'n lam en gaan op veiling aangebied word. Is ook in die stoet gebruik as teelram.Sy groei/dag op die veld was 190g/dag.

Ram no. 080034








